Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 15 Mei 2016

Goeiemôre en welkom by die weekliksenuusuitsending van die Suid-AfrikaanseRadioliga, geleesdeur ________________________ (jounaam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuusbulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 plaaslike tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS0JPL.

‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za,afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-posteontvang.

IN DIE NUUS VANDAG

SARL AJV VOLGENDE WEEK

HAMNET PROMINENT IN DIE VAAL DRIEHOEK

SANSA HOOGGEPLAASDE DIE EREGAS BY AMSAT SA KONFERENSIE


*** Teen dié tyd volgende week is die SARL se nasionale konvensie en AJV feitlik al iets van die verlede. Die tyd raak nou regtig baie min om te registreer vir hierdie baie belangrike jaarlikse amateur radio gebeurtenis

Die AJV vind plaas op 21 Mei 2016 en na afloop van die vergadering is daar 'n middag program met onder andere aanbiedings deur, AMSAT SA, BAKAR, HAMNET, 4x4 Megaworld en vele meer op die program.

Neem asb kennis as jy 'n lid van die SARL is, het jou gade nie nodig om die R450 lid fooi te betaal nie.

Besoek gerus www.sarl.org.za vir meer inligting. Sasolburg radio klub kan nie wag om julle gasheer te wees nie.

NEEM OOK KENNIS ASB: Die SARL nuus bulletin vir 22 Mei 2016 mag effe later as gewoonlik sy verskyning maak ten einde die jongste nuus vanaf die AJV te akkomodeer.


**** "The benefits of investing in Space Technologies: A look at the South African National Space Agency and the role it plays in South Africa" sal die onderwerp van die gasspreker, Amal Khatri, wees tydens die AMSAT SA ruimte simposium. Amal is die uitvoerende direkteur van ruimteprogramme by die SANSA Ruimteafdeling. Die simposium vind plaas op Saterdag 28 Mei 2016 by die Innovation Hub in Pretoria. The symposium will be held at the Innovation Hub, in Pretoria.

Die Innovation hub is gerieflik geleë naby die N1 snelweg en bied genoegsame veilige parkering naby die gebou. Die program en ander inligting is nou reeds beskikbaar op die webblad www.amsatsa.org.za . Gryp nou die kans aan om te kwalifiseer vir die spesiale afslag aan vroeë besprekers. Vroe137 besprekings sou vandag reeds sluit maar daar is besluit dat om die keer datum uit te stel tot 17 Mei. Daar is ook verblyf beskikbaar by die City Lodge Hotel, gerieflik naby geleë en hulle bied ook spesiale tariewe vir bywoners van die geleentheid. Vir meer inligting en besprekings stuur asb ‘n epos aan saamsat@intekom.co.za




*** Die HAMNET Vaal span het 7 Mei radio kommunikasie verleen aan die NG Kerk Vaalpark se jaarlikse 10km en 21 km pret draf.
Vooraf is 'n spesiale opleiding sessie op 27 April gereel waar die lede voorberei is in radio prosedure tegnieke, en ook die indeling van die span by die verskillende radio punte langs die beplande roetes. Die Gauteng Suid HAMNET JOC waentjie is ook voorberei om sigbaarheid aan die geleentheid te verleen.

Beide aktiwiteite is op Facebook gedeel en het goeie aandag geniet.
Die Vaal HAMNET span bestaande uit Frik ZS6FZ, Imile ZS6IDB, Frans ZS4FD, Koos ZS6KDL, Jaco ZS6KJ, Gideon ZS4GJA, Riaan ZS4PR, Chané ZS4CG, Friedrich ZS4WJ, Erich ZS4VW en twee nuwe RAE kandidate Nico en Jaco het van vroeg af bont gestaan om kommunikasie te verleen.

Allen ZS6HWG het self aan die webloop deel geneem en met 'n draagbare radio gedraf om besoek te doen by elke radio punt langs die roete.
Die Vaal HAMNET en Gauteng Suid spanne sal kragte saamspan gedurende volgende week se SARL Nasionale Konvensie in Sasolburg.


** Die Sasolburg radio klub is verheug om die resultate van die ZS4 Naelloop van 24 April bekend te maak. 14 logstate is ontvang. Een was 'n vergelykende logstaat deur ZT4T. Eerste plek is geneem deur ZS5MAX met 78 punte. Tweede is ZS2JV met 67 punte. Derde plek is ZS4DZ met 58 punte. Die volledige punte lys is op die forum en by HF Happenings beskikbaar. Baie dankie vir almal se deelname. Die sertifikate sal eersdaags per e-pos aangestuur word.

**** ** Die IARU word bewaarder van bedryf standaarde boekie. Oor die afgelope agt jaar het die boekie "Ethics and Operating Procedures for the Radio Amateur" 'n gerespekteerde werk geword wat die beste standaarde van die bedryf op die amateur bande beskryf. Vertaal in die meeste tale (nog nie in Afrikaans nie), die boekie deur John Devoldere, ON4UN en Mark Demeuleneere, ON4WW, is 'n waardevolle naslaanwerk vir alle amateurs. Die boekie kan gevind word by www.hamradio-operating-ethics.org/

Mark en John het onlangs die IARU gekontak en verduidelik dat hulle voel dit geskik is vir die IARU om die bewaarder van die boekie te word in die toekoms, met die omvang om aan te pas en by te werk om te verseker dat dit relevant en huidige bly. Die IARU Administratiewe Raad het hierdie aanbod aanvaar met dank aan John en Mark vir die werk wat hulle in die dokument gesit het. Op 5 Mei 2016 het Mark en John vir Don Beattie, G3BJ, president IARU Streek 1, in Brussel ontmoet om amptelik die dokument oor te handig. Die IARU sal nou voortgaan in die komende jare om dit op te dateer en sy voortgesette relevansie te verseker.


**** Belangstelling in BHF en hoër frekwensies is aan’t taan, aldus Selim Alpuva, M0XTA. Selim het onloangs hierdie stelling gemaak op die SARL se BHF forum. Sou hierdie stelling waar wees en die tendens sou voort duur, kan dit net minder goeie dinge vir AmateurRadio in sy geheel beteken.

Dit is ongelukkig so dat vele buitestanders AmateurRadio sien as ‘n vorm van burgerband op sterioide, en nie as ‘n volwaardige stokperdjie nie. Hierdie persone ken egter nie AmateurRadio en sy ryk geskiedenis nie. Dis darem nie alles net slegte nuus nie, ons kan nog ‘n verskil maak, soos ons ook gedoen het in 1919 na die eerste wêreld oorlog toe die stokperdjie in totaliteit verban was.

Ons moet introspeksie toepas en ons moet ontslae raak van ons ou idees wat nie meer relevant in vandag se wêreld is nie. Hier kyk ons onder andere na die idee dat dit slegs ‘n stokperdjie is en niks meer nie.

Ons moet ‘n nuwe front aan die breë publiek voorhou deur die uit dra van ons sport, die tentoonstelling van nuwe tegnologie soos radio astronomie en ook wetenskap en tegnologie. Soos Grote Reber, W9GFZ, wat die eerste radio astronoom was en wat die eerste kaarte van die radio hemel gekarteer het na die tweede wereldoorlog. Die nuwe AmateurRadio moet ‘n multidimensionele gesig en front aan die wêreld wys.


*** Die ZS3 Naelloop is op die lug tussen 14:00 en 15:00 UTC vanmiddag en jy het 'n geleentheid om kontakte met radio amateurs in die Noord-Kaap te maak op foon en gelykgolf. Die uitruiling is 'n RS of RST verslag en provinsiale of land afkorting. Aktiwiteit sal plaasvind tussen 7 000 en 7 040 kHz vir gelykgolf en 7 063 tot 7 100 en 7 130 tot 7 200 kHz vir foon. Kontakte met stasies in ZS3 tel 2 punte en alle ander kontakte tel 1 punt. Kontakte met die Noord-Kaap ARK, ZS3NC, die Namakwaland Aero Sport Vereniging, ZS3FLY, die Kalahari Karoo ARK, ZS3ARK, en die Sutherland ARK, ZS3OBS, tel 5 punte elk. Slegs een kontak per stasie is toegelaat. Logs, gemerk "jou roepsein ZS3 Sprint," moet per e-pos aan zs3nc@qsl.net gestuur word teen 22 Mei 2016. Die 2016 Blouboek bevat al die inligting.


**** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte son aktiwiteitsvlak laag gaan wees. Al die sigbare sonvlekke is tans stabiel met bykans geen kans vir ernstige sonfakkels nie.

Diegene wat hulle eie frekwensie voorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 37 vir die week gebruik.

Amateurs kan goeie openinge op die 20 tot 15 m DX bande verwag. Die 10 m band mag dalk ook 'n paar verrassings op son lig paaie oplewer.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Voor ons tyd heeltemal uitloop hier is ‘n voor skou op van die gebeure en belangrike datums vir die volgende paar weke:

Volgende naweek, 20 tot 22 Mei 2016 die Nasionale konvensie en AJV te Sasolburg
23 Mei – Saktyd vir die Junie uitgawe van die RADIO ZS
29 Mei – SARL Digitale kompetisie
En dan op 12 Junie die HAMMIES Naelloop en ook die jeug net

Ons sluit van more se bulletin met ‘n kort samevatting van ons hoof berig. Die SARL Nasionale Konvensie en AJV vind volgende naweek in Sasolburg plaas. Moet nie hierdie belangrike geleentheid op die Amateurradio kalender mis loop nie.


Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

** Die Suid-Afrikaanse Radio liga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radio liga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum vooraf gaan nie.

Luister elke Sondag oggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 4 685 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.Sentechborg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radio liga, saamgestel en geredigeer deur Dawie Conradie, ZR6DHC, geproef lees deur Vivian Dold, ZS6VD, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse nuus span groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003